AGRI GAUTENG SE UITSPRAKE OOR ADJUNK MINISTER VAN LANDBOU

PERSVERKLARING : AGRI GAUTENG OOR UITSPRAKE VAN ADJUNK MINISTER VAN LANDBOU IN DIE PARLEMENT.

Die adjunk Minister van Landbou het vandag in die parlement bepaalde uitlatings gemaak oor die wyse waarop die regering met boere sal handel wat volgens hom werknemers en plaasbewoners onregmatig van plase afsit.  Hierdie uitlatings benadruk weereens die verwydering tussen lakeie soos hyself wat nie weet wat op grondvlak aangaan nie. Sy emosionele uitbarsting en die dreigende houding is ‘n verleentheid vir boere. As Adjunk Minister van Landbou behoort hy ingelig te wees oor wat op grondvlak aan die gang is. Dit is duidelik dat hy nie in kontak is met die mense binne die bedryf wie hy veronderstel is om te verteenwoordig nie. Hy is veronderstel om as adjunk minister die belange van die bedryf tot voordeel van die burgers van Suid Afrika voor op te stel. Sedert sy aanstelling het hy nog geen positiewe bydra gemaak ten opsigte van die veiligheidsituasie in die landelike gebied of die sektor wat hy verteenwoordig verseker van ondersteuning ten einde voedselsekuriteit  te bevestig nie. As hy enigsins ingelig was oor die situasie in die landelike gebied sou hy besef dat uitsprake soos wat hy vandag gemaak het die veiligheid van boere op plase in gedrang bring. ‘n Ontleding van plaasaanvalle in die onderskeie provinsies vir dieperiode 05/06 tot 06/07 toon die volgende toenames:       Noordwes – toename van 94,1 % vanaf 68 tot 132 aanvalle      Vrystaat – toename van 63,3 % vanaf 30 tot 49 aanvalle      Gauteng – toename van 57,2 % vanaf 215 tot 338 aanvalle Oor hierdie situasie swyg die agbare Dirk du Toit. Hy maak geen uitsprake oor die toename in eiendomsmisdaad op plase wat tot groot finansiële verliese vir boere tot gevolg het. Sy uitspraak sal daartoe aanleiding gee dat bepaalde elemente  binne die samelewing dit as goedkeuring vir aanvalle op landelike omgewings sien.  Dirk du Toit het geen idée wat op grondvlak aangaan nie. Hy is nie in kontak met landbouers wat in harmonie met plaaswerkers saamleef en wat daarop ingestel is om as integrale deel van die gemeenskap te bou aan ‘n beter toekoms vir almal nie. Verlede jaar is boere beskuldig dat dit hulle is wat die proses van grondhervorming vertraag terwyl die teendeel waar is. As hy enigsins sy hand op die pols gehad het sou hy geweet het dat die boere positief is oor die toekoms van die land en as deelgenote bereid is om hul rol te speel in die skep van ‘n beter Suid Afrika vir almal. Boere is betrokke by : Herverdeling van landbougrond : In Gauteng alleen is meer as 140 plase wat meer as 50  000 hektaar beslaan reeds aan die Departement van Grondsake aangebied deur georganiseerde landbou sedert September 2006. Die Departement Grondsake Gauteng het verledejaar met die hulp van Agri Gauteng 147 % van die begroting spandeer om landbougrond aan te koop vir voorheen benadeelde mense wat wil boer. Die teiken van 29 000 ha per jaar in Gauteng is reeds binne die eesrte vier maande van die begrotingsjaar oorskrei.  

Boere het uit hul eie sonder staatsvergoeding betrokke geraak by die mentorskapstelsel om nuwe boere by te staan ten einde volhoubaarheid en ekonomiese oorlewing te verseker. Waar die regering in gebreke gebly het om boere by te staan ten opsigte van grondbewerking en insette het plaaslike boereverenigings in samewerking met Agri gauteng die inisiatief geneem en word nuwe swart boere deur wit boere gehelp om grond te bewerk, oeste in te sit en insette te beding. Hy het geen benul wat op plase aangaan nie.  Boere het op die oproep van die President en die Minister van Veiligheid en Sekuriteit gereageer en betrokke geraak by landelike beveiliging en sektor polisiering, waar die totale gemeenskap beveilig word. Hier werk boere en arbeiders pragtig in spanne saam om te verseker dat die landelike omgewing ‘n veiliger omgewing gemaak word wat by uitstek die verantwoordelikheid van die staat is. – weereens vrywillig en sonder enige vergoeding. Boere het op hul eie betrokke geraak by die oordrag van kennis en kundigheid, sonder vergoeding en vrywillig betrokke geraak by verskeie stelsels waar leeroordrag suksesvol plaasvind.. Hoewel dit nie ontken word dat bepaalde elemente (‘n baie klein minderheid) onsensitief optree nie kan die agbare oningeligde adjunk minister nie die bedryf waarvoor hy verantwoordelik is sonder inagneming van die gevolge dreig op die wyse waarop hy dit gedoen het nie. Eiendomsreg is gesetel in die registrasie van titelaktes en die feit dat iemand op daardie perseel woon omdat dit gerieflik is sodat ‘n inkomste verdien kan word geen geen spesiale regte in terme van grondbesit. Hy moet dalk uit sy lugversorgde kantoor kom en minder emosionele markies tent partytjies bywoon waar T hemde en kos uitgedeel word aan massas wat per bus aangery word en meer betrokke raak by daadwerklike probleme in die bedryf. Sy ondeursigtige uitlatings is tekenend van iemand wat poog om ‘n profile te bou ten einde te bewys dat hy sy salaries verdien. Hy mag oningeligde massas beindruk maar vir die bedryf wat hy verteenwoordig is hy ‘n klaaglike mislukking en ‘n enorme verleentheid. A P Botha
PRESIDENT :  AGRI GAUTENG

12 September 2006
0836295685

South Africa Towns Cities Accommodation Adventure Business

 

Destinations & Accommodation

Image Gallery

News & Blogs

Business & business listings

This entry was posted in Agriculture, Farming. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>