AGRI SA GETUIG VOOR MENSEREGTEKOMMISSIE

Agri SA 
Persverklaring  / Media Release  

Posbus/ PO Box 1508 Pretoria 0001, Tel +27+12 300 9500, Faks/ Fax +27+12 320 0557
 
 Embargo 12:00 op 18 September 2007
 
AGRI SA GETUIG VOOR MENSEREGTEKOMMISSIE
 
Agri SA het vandag in sy getuienis voor die Menseregtekommissies wat ondersoek instel na arbeidsomstandighede op plase, gefokus op die positiewe bydraes van die kommersiële landbou tot landelike ontwikkeling en stabiliteit -  veral in soverre dit plaasgemeenskappe raak – maar ook knelpunte in die verband uitgewys.
 
Agri SA is gefrustreerd met die talle ongesubstansieerde aanklagte oor beweerde menseregteskendings op plase en veralgemeende afleidings wat daaromtrent gemaak word.  “Dit is ‘n onreg teenoor die wye spektrum boere wat besef dat ‘n produktiewe en goed gemotiveerde arbeidsmag noodsaaklik vir sukses en vooruitgang is, en hulle werkers dienooreenkomstig waardeer en behandel.    Daar moet ‘n einde aan kom om te sê ‘boere maak só of nie só nie.’   Die sektor word te maklik in geheel aangekla, verhoor en skuldig bevind, in plaas daarvan om op die feitelikhede van spesifieke insidente of bewerings daaromtrent te fokus,” aldus Lourie Bosman, president van Agri SA, wat die getuienis gelei het. 
 
Bosman sê dat verhoed moet word dat daar met veralgemeende en ongesubstansieerde aantygings teen die kommersiële landbou ‘n klimaat geskep word vir beleid en wetgewing wat verdere beperkings op die ekonomiese en keusevryheid van boere kan plaas. “Ons verwag derhalwe van die Menseregtekommissie om met hierdie ondersoek en verhore ‘n bydrae te lewer tot objektiewe dialoog oor die knelpunte en uitdagings wat hanteer moet word.   Agri SA was nog altyd bereid om met realiteite as vertrekpunt, sinvolle oplossings vir die ekonomiese sowel as maatskaplike uitdagings waarvoor die sektor te staan kom, te soek,” sê Bosman.
 
Agri SA het in sy getuienis gewys op hierdie organisasie en sy lede se betrokkenheid by grondhervormingsinisiatiewe, boerontwikkelingsbystand, die ontwikkeling en toepassing van arbeidsbeleid en -wetgewing asook met optrede gemik op verbeterde landelike veiligheid en sekuriteit.   Die organisasie fokus ook op die algemene opheffing van plaaswerkergemeenskappe en beroepsgerigte loopbaangeleenthede waardeur van die mees emosionele kwessies waarna die Menseregtekommissie ondersoek instel, ondervang sal word.
 
“Om ekonomies te kan oorleef in ‘n uiters mededingende omgewing moet boerderybestuur op die hoogste vlak geskied.  Dit sluit in dat arbeid professioneel en met die nodige sensitiwiteit bestuur word, waartoe Agri SA en sy lede verbind is,” Aldus Bosman.
 
Uitgereik deur Direktoraat:  Korporatiewe Skakeling
 
Navrae: Lourie Bosman, Agri SA President, 082 388 3000
  Hans van der Merwe, Agri SA Uitvoerende Direkteur, 082 388 0001

THIS BLOG / NEWS PAGE IS HOSTED AND SPONSORED BY SA TOWNS & ADSSA

POST YOUR NEWS, PICTURES , BUSINESS PRODUCTS & NEWS TODAY TOTALLY FREE.

 SA TOWNS ACCOMMODATION, NEWS, BUSINESS, PROPERTY

 

 

 

This entry was posted in Agriculture, Farming. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>