ANC VERKLARING OOR LANDBOU HERVORMING IN SA
> ANC verklaring oor landbouhervorming en landelike-ontwikkeling
>
> Agri SA doen > ‘> n beroep op die ANC en die regering om in die huidige klimaat van finansiële onsekerheid en hoë voedselpryse sensitief te wees deur nie uitlatings te maak wat investering in die landbou kan skaad nie maar eerder openlik te wees oor denkfoute wat gemaak is sowel as verkeerde praktyk wat gevolg is tot nadeel van landelike-ontwikkeling, voedselproduksie en volhoubare grondhervorming.
>
> Mnr. Johannes Möller, president van Agri SA het só gereageer op die verklaring van die regeringsalliansie se ekonomiese beraad die afgelope naweek waarin die vrywillige-koper-verkoper benadering tot grondhervorming weereens verwerp is en waarin daar ook gevra word vir onder andere die bespoediging van die oordrag van waterregte aan ontwikkelingsboere, vir > ‘> n moratorium op die beskikbaarstelling van regeringsgrond vir gholfbane en wildtuine en vir die herinstelling van beheerrade.
>
> “> Dit is Agri SA se ervaring dat die breë publiek, maar ook al-hoe-meer leiersfigure in regering- en ANC geledere, tot die besef kom dat daar te vêr gegaan is met die verwaarlosing van die kommersiële landbou soos wat blyk uit die aftakeling en verval van verskeie voorheen trotse statutêre landbou-instellings, afnemende investering in landbouproduksie, onproduktiewe grondbenutting deur > ‘> n groot persentasie nuut-begunstigdes, > ‘> n gevolglik dalende landbou-produksie en groter voedsel-invoerafhanklikheid. Daarom is dit jammer dat hierdie verklaring van die regeringsalliansie uit pas is met van die basiese oorsake van die agteruitgang van die landbou deur steeds uitgediende ideologiese konsepte gebaseer op oormatige regeringsintervensie as > ‘> n oplossing vir landelike ontwikkeling en voedselproduksie voor te hou,> “> aldus Möller.
>
> Möller sê dat die georganiseerde landbou meer as bereid is om met die regering om > ‘> n tafel te sit en oplossings te vind vir die bespoediging van volhoubare grondhervorming, maar dat die staat ook die hand in eie boesem oor gebreke moet steek. > “> Verskeie van Agri SA se affiliasies het reeds vennootskapsreëlings met die Staat gesluit om bystand met grondhervorming te verleen, maar dit kan net vrugte afwerp indien dit in > ‘> n beleidsbedeling plaasvind wat regverdigheid teenoor alle partye en volhoubaarheid sal verseker.> “>
>
> Oor die strewe van die regeringsalliansie
Pages sponsored by ADSSA for WEB ADVERTISING and FREE ADVERTISING